Mandrake Linux Die inhoud van hierdie CDROM is die Kopiereg (C) 2001 MandrakeSoft S.A. en andere. Kyk asb. na die individuele kopieregboodskappe in elke bronkodepakket vir distribusieregulasies. Die distribusieregulasies van die programme waar die kopiereg deur MandrakeSoft en Red Hat Software voorbehou word, kan in die COPYING lêer gelees word. Mandrake en sy logo is handelsmerke van MandrakeSoft S.A. ______________________________________________________________________ 1. Lêergidsstruktuur 2. Installasie 3. Bronkode 4. Ondersteuning 5. Kontak ______________________________________________________________________ 1. Lêergidsstruktuur Hier lêergids is as volg gestruktureer: |--> Mandrake/ | |--> RPMS/ binêre pakkette | |--> base/ argiewe vir opstel van klein lêerstelsels | `--> mdkinst/ lêerbeeld vir grafiese installasie |--> images/ selflaaibeelde en stelselkern |--> doc/ installasie instruksies in verskeie tale |--> dosutils/ installasie nutsprogramme vir DOS |--> misc/ bronkodelêers, installasiebome |--> VERSION huidige weergawe nommer |--> RPM-GPG-KEYS GNUPG sleutel vir betekening van Mandrake RPMs |--> COPYING kopiereg informasie |--> INSTALL.txt installasie instruksies `--> README.txt hierdie lêer in teks Indien u na 'n partisie of NFS volume gaan spieël, het u alles nodig onder "Mandrake/", sowel as die skyfbeelde uit "Mandrake/images" wat u vir u stelsel sal benodig. ______________________________________________________________________ 2. Installasie Sien die install.htm lêer. BELANGRIKE AANPASBAARHEIDSKENNISGEWING: Mandrake is gebou met spoedoptimisasies vir Pentiumklasverwerkers (Pentium(tm) en aanpasbare verwerkers, AMD K6, Cyrix M2, PIII...) en derhalwe SAL DIT NIE op ouer i386 en i486 rekenaars werk nie. Daar is egter 'n spesiale weergawe beskikbaar vir hierdie verwekers wat afgelaai kan word of op goedkoop CD's gekoop kan word. ______________________________________________________________________ 3. Bronkode Al die Mandrake Linux spesifieke pakkette kom met volledge bronkode op die bronkode-CD (PowerPack uitgawe). Gebruik asb. ons FTP bedieners vir bronkode. In gevalle waar u nie gemaklike Internettoegang het nie, kan Mandrake Linux die bronkodeargief vir u stuur vir 'n nominale fooi. ______________________________________________________________________ 4. Ondersteuning Vir dié wat oor webtoegang beskik, kyk by * http://www.linux-mandrake.com/support/ Vir toegang tot die eposlyste by * http://www.linux-mandrake.com/en/flists.php3 Indien u nie webtoegang het nie, kan u steeds inteken op die hoofeposlys. Stuur eenvoudig 'n epos aan sympa@linux-mandrake.com met subscribe newbie in die liggaam van die boodskap. [bokant van hierdie van bladsy] ______________________________________________________________________ Indien u nie dokumentasie saam met hierdie produk ontvang het nie, kan u die Mandrake PowerPack Uitgawe (heelwat Mandrake CD's + Installasie- & Gebruikershandleidings en 100 dae postinstallasie ondersteuning!) by ons verspreiders koop op: * http://www.mandrakestore.com/ ______________________________________________________________________ 5. Kontak Mandrakesoft kan bereik word by: * http://www.mandrakesoft.com/company/contact ______________________________________________________________________