Mandrakelinux Installasie instruksies Konfigurasie Benodig * Pentium of aanpasbare verwerker * CDROM-aandrywer * Ten minste 32 MB geheue, 64MB word aanbeveel Om Mandrakelinux te installeer kan so maklik wees as om die installasie CD in die CDROM-aandrywer te sit en u rekenaar te herlaai. Kyk asb. onder punt 1 vir meer inligting. LET WEL: * Indien u opgradeer vanaf enige van die 7.0, 7.1, 7.2, 8.0, 8.0, 9.0, 9.1 of 9.2 Mandrakelinux weergawes, onthou om eers asb. 'n rugsteun van u stelsel te neem. * Opgraderings vanaf ouer weergawes (voor 7.0) word NIE ondersteun NIE! In sulke gevalle moet u 'n nuwe installasie doen en nie 'n opgradering nie. ______________________________________________________________________ Hier is die metodes om Mandrakelinux te installeer: 1. Selflaai direk vanaf die CD 3. Maak 'n selflaaiskyf met Windows 4. Ander installasiemetodes ______________________________________________________________________ 1. Selflaai direk vanaf die CD Die Installasie-CDROM is selflaaibaar. In meeste gevalle kan u die CD in die aandrywer plaas en die rekenaar herlaai. Volg dan die instruksies op die skerm: druk die [Enter] sleutel om die installasie te begin of druk [F1] vir verdere hulp. LET WEL: Op sekere skootrekenaars, sal die stelsel nie vanaf 'n CD selflaai nie. In so 'n geval moet u 'n herlaaiskyf gebruik. Sien punt 2 vir detail. ______________________________________________________________________ 2. Maak 'n selflaaiskyf met Windows Indien u rekenaar nie vanaf 'n CDROM kan selflaai nie en die ander metodes nie werk nie, kan u 'n herlaaiskyf as volg maak: * plaas die CDROM in die aandrywer en maak die "My Computer" ikon oop. Regskliek op die CDROM-skyfikon en selekteer "Open" * gaan na die "dosutils"; lêergids en dubbelkliek op die "rawwritewin" ikon * sit 'n leë stiffie in die aandrywer * selekteer "D:\images\cdrom.img" in die "Image File" veld (met die aanvaarding dat "D:" die CDROM is, andersins vervang "D:" soos nodig). * kies "A:" in die "Skyfaandrywer" veld en kliek op "Skryf". Om die installasie te begin: * Om die installasie te begin sit die CDROM en herlaaiskyf in die nodige aandrywers * en herbegin die rekenaar. ______________________________________________________________________ 3. Ander installasie metodes Indien, vir enige rede, die vorige metodes nie u doel dien nie (u mag dalk 'n netwerkinstallasie wil uitvoer of van PCMCIA af installeer), moet u ook 'n selflaaiskyf maak: * In Linux (of enige ander moderne unix) tik die volgende: dd if=xxxxx.img of=/dev/fd0 * In Windows, volg die metode in punt 2 beskryf, maar vervang xxxxx.img (sien onder) in die plek van cdrom.img. * In DOS, (as die CD is skyf D: is), doen : D:\> dosutils\rawrite.exe -f images\xxxxx.img -d A Hier is the selflaaibeelde: cdrom.img installeer vanaf CDROM hd.img installeer vanaf hardeskyf (van 'n Linux, Windows, of ReiserFS lêerstelsel) network.img installeer vanaf ftp/nfs/http other.img installeer met mingebruikte drywers wat nie op die vorige diskette pas nie. pcmcia.img installeer vanaf PCMCIA-toestelle (waarskuwing, meeste PCMCIA-netwerktoestelle word direk ondersteun in network.img) usb.img installeer vanaf USB-toestelle: USB netwerktoestelle vir netwerkinstallasie, of USB-CDROM/CDRW's vir CD-installasie. blank.img installeer pasgemaakte Linux-stelselkern blank.img is 'n minimalistiese herlaaibeeld om stelselkerninstallasies aan te pas. ______________________________________________________________________ U kan ook 'n teksgebaseerde installasie doen, indien u dalk probleme met die verstek grafiese installasie ondervind. Om dit te gebruik, druk [F1] by die Mandrakelinux verwelkomingskerm en tik dan text op die instruksielyn. Indien u benodig om 'n redding op u bestaande Mandrakelinux uit te voer, selflaai vanaf die installasie CDROM of enige selflaaiskyf, druk [F1] by die Mandrakelinux verwelkoming en tik dan rescue op die instruksielyn. Sien http://www.linux-mandrake.com/drakx/README vir meer tegniese inligting. ______________________________________________________________________ Hoofstappe van installasie: 1. Plaas die installasie CDROM (of installasieskyf indien nodig) in die korrekte skyfaandrywer en herlaai die rekenaar. 2. Druk [Enter] wanneer die Mandrakelinux verwelkoming vertoon word en volg die instruksies noukeurig na. 3. Na installasie verwyder die CDROM (en selflaaiskyf indien nodig); die rekenaar behoort te selflaai. 4. Mandrakelinux behoort te begin. Na die selflaaiproses, kan u "aanteken" op die rekenaar as "root" of enige ander gebruikerskode wat u tydens installasie geskep het. Baie belangrik: Die "root" gebruikerskode sal u onbeperkte toegang gee tot die Linux-stelsel. Moet dit nie gebruik, behalwe vir konfigurasie or administrasie nie. Vir normale daaglikse take, gebruik 'n normale gebruikerskode wat u opstel met "userdrake" program of met die "adduser USER" en "passwd USER" instruksies. Voorspoed met Mandrakelinux ! ______________________________________________________________________ Vir installasie ondersteuning sien die Mandrake diffusielys en die neulvrae (FAQ) op die Mandrake webwerf: * http://www.linux-mandrake.com/ ______________________________________________________________________